On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Yellow Door

O, die Disprins

───   RITA NEL 09:06 Tue, 08 Oct 2013

O, die Disprins | News Article

Rita Nel is grootgemaak met net een boksie pille in die laai – Disprins.

Ons is grootgemaak met net een boksie pille in die laai – Disprins. Vir enige tipe pyn of hartseer.

Die res van die ‘First aid’ het bestaan uit Dettol vir snyplekke en Deepheat vir spierpyn.
 
As jy siek is en jy mis skool, dan eet jy toast in die bed en drink soet rooibostee sonder melk.
 
En as jou suster jou vinger in die treindeur vasslaan – kookwater en Engelse sout.

Eenvoudig genoeg, maar in Italië is nie een van hierdie lysie childhood medisynes beskikbaar nie. So hoe word mens nou hier gesond as jy so sterk glo in die kinderdae ‘remedies’ en dat niks anders regtig net so goed gesondmaak nie?
3 jaar en vele kopsere later het ek darem ietsie wysgeraak oor pille in Italië:

Hoofpynpille: moenie dink jy gaan by ‘n Italian Pick-a-Pay kan inloop en daar enige pynpille (of selfs Strepsils) te koop kry nie. In Italië het apteke die monopolie (en dus hoë pryse) om medikasie te verkoop.
 
So maak seker jy kry 'n hoofpyn tussen 10h30 en 13h00 of na 15h00 want anders gaan jy die apteekdeure toe kry.
 
Vra vir die apteker-omie vir iets sterk (fortissimo)– sê eerder dis 'n migraine, anders gaan jy 'n wit pakkie Smarties kry teen €10.
 
Na verskeie probeerslae het ek nou my ‘brand’ wat amper so goed soos Disprins werk: Ketodol.
 
 
In plaas van helder oranje Dettol, is die ontsmetmiddel hier Sunlight-liquid groen, so moenie my beginnersfout maak en kleur as ‘n ‘reference point’ probeer gebruik as jy sukkel om die Italiaans te vertaal nie.
 
 
 
 
Spierpyn – ja die verpakking herinner aan Rennies en die naam is volksvreemd, maar dit werk vir seer spiere teen €35!
 
 
Vir Italianers is daar net 1 ding om te eet as jy siek in die bed is – nie toast nie maar ‘n bordjie plein wit rys.
 
So menige Maandagoggende langs die espresso-masjien is daar iemand wat na 'n te groot paartie of ‘n griep vir jou vertel van die armsalige ‘piatto riso bianco’ wat hulle moes afsluk.

Vir naarheid was daar nie pille in ons huis nie – ons het kafee toe gery en ‘n liter Coke gekoop, wat geskud was om dit sonder gas te kry.
 
Dankie tog vir 1 ‘brand’ wat 'n ware global distribusie het, gevolglik geen probleme met naarvoel in Italië nie!
 
 
 
 
Twitter:  @saartjieinitaly
 
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.