On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 27 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag meestal gemeng verhandel met die mark wat sukkel om 'n balans te vind tussen die droë weerstoestande wat in sekere gedeeltes heers en die voorspelling van natter toestande.

In Oekraïne is die mielie-uitvoer vir die seisoen aansienlik stadiger as die vorige seisoen se tempo teen dieselfde tydperk van die jaar.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- én geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020, R55 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 641 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R33 per ton hoër verhandel om teen R2 681 per ton te sluit.


Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit met  handel tussen Amerika en China wat steeds nie optimaal is nie, ondanks die hoër Chinese sojaboonaankope vanaf Amerika.

Die verwagting in die mark is dat die Brasiliaanse sojaboonproduksie in die 2020/21-seisoen sowat 130 miljoen ton kan bereik met die verwagte toename in oppervlakte wat vir die nuwe seisoen geskat word.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R100 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 975 per ton te sluit.


Koring:

Hoewel die Amerikaanse koringmark verlede week hoofsaaklik gemeng verhandel het, het die mark Vrydag sterk afgesluit met ondersteuning vanaf die swakker Amerikaanse Dollar.  

In Frankryk is die stroopproses van koring 71% voltooid en dit het goeie vordering getoon teenoor die vorige week se tempo.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R29 per ton hoër verhandel om teen R4 826 per ton te sluit. 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.