On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 20 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend effens sterker verhandel. Prysbewegings is beperk as gevolg van markdeelnemers wat daarop let dat verliese beperk is as gevolg van die Brasiliaanse tweede mielie-oes wat vertragings ervaar. 

Die tweede oes vir Brasiliaanse mielies is gewoonlik vir uitvoerdoeleindes bedoel. Die USDA se uitvoerinspeksieverslag is Dinsdag vrygestel en het getoon dat mielie-uitvoerinspeksies vir die week geëindig 13 Januarie 1 204 188 ton bereik het, wat 15% hoër is as die vorige week se uitvoerinspeksies en 22% hoër is as uitvoer in die vorige jaar (week geëindig 14 Januarie).

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het gisteroggend met 'n algemene afwaartse neiging vir wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R41/ton (- 1,2%) laer verhandel en teen R3 505/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R33/ton (- 0,9%) swakker verhandel en teen R3 546/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend marginaal sterker verhandel met 'n 0,3% styging. Oestoestande is aan die opswaai ná ’n langverwagte reënerige naweek. 

Die National Oilseed Processors’ Association (NOPA) het Dinsdagaand verslae uitgereik wat aandui dat die skattings vir Desember 2021 'n rekordhoogtepunt van 5 073 753 ton bereik het. 

Die USDA se uitvoerinspeksieverslag is Dinsdag vrygestel en het getoon dat sojaboonuitvoerinspeksies vir die week geëindig 13 Januarie 1 720 497 ton bereik het, wat 43% hoër is as die vorige week se uitvoerinspeksies en 26% laer as uitvoer in die vorige jaar (week geëindig 14 Januarie).

Die binnelandse sojaboonkontrakte het geopen met marginaal gemengde tendense in die kontrakpryse. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R129/ton (- 1,4%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 860/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n styging van 3,7%. 

Die USDA se uitvoerinspeksieverslag is Dinsdag vrygestel en het getoon dat koringuitvoerinspeksies, vir die week wat op 13 Januarie geëindig het, 369 188 ton bereik het, wat 37% hoër is as die vorige week se uitvoerinspeksies en 23% laer is as uitvoer vir die vorige jaar (week geëindig 14 Januarie 2021).

Die binnelandse koringkontrakte het geopen met 'n marginaal swakker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R10/ton (- 0,17%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R5 900/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.