Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 08:09 Tue, 16 Feb 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark verhandel steeds teen die hoogste vlakke in die afgelope paar jaar ten spyte van die voorrade wat hoër is as wat verwag was.
Die ondersteuning in die internasionale pryse word steeds grootliks gedryf deur die groot vraag na mielies internasionaal.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R17/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 010/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R31/ton laer verhandel om teen R3 135/ton te sluit.
Sojabone:
Die Suid-Amerikaanse sojaboon-produksieverwagtinge vir die seisoen is ongeveer 4 miljoen ton opwaarts aangepas vanaf die vorige skatting wat 'n maand gelede gedoen was.
Goeie wydverspreide reën wat oor Argentinië en Brasilië voorgekom het, was positief vir die produksieverwagtinge.
Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die ou seisoenkontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die nuwe seisoenkontrakte onder druk gekom het.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, het laer verhandel vir die dag om teen R7 529/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringproduksietoestande in die Middeweste is onder druk weens koue toestande. Die vraag na koring in die internasionale mark is ook sterker wat die pryse ondersteun.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R31/ton laer verhandel om teen R4 960/ton te sluit.
Die Amerikaanse koring produksietoestande in die Middeweste is onder druk weens koue toestande .
Die vraag na koring in die internasionale mark is ook sterker, wat die pryse ondersteun.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R31/ton laer verhandel om teen R4 960/ton te sluit.
OFM-nuus
