Agri Hour
Lae pryse normaal tydens eerste helfte van die jaar─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 25 Mar 2021
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Sien onderstaande PODCAST
Derksen deel dat vetkoeie 10% meer kos in Namibië, wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die feit dat hulle ‘n goeie uitvoermark het.
Hy voeg ook by dat produsente moet onthou dat dit normaal is om gedurende die eerste helfte van die jaar relatief lae pryse te hê.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,21 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,56 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,48 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R27,50 per kg
B-klas beeste R24,48 per kg
C-klas vet koeie R23,03 per kg
Maer koeie Wissel tussen R18,00 en R20,00 per kg
Slagbulle R24,49 per kg
Skape
Stoorlammers R43,45 per kg
Slaglammers R38,18 per kg
Stoorskape R30,50 per kg
Vetskape R32,00 per kg
Bokke
Lammers R46,15 per kg
Ooie R38,88 per kg
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.
OFM-nuus
