On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogtehulp: Groep stap die Boesmanland Camino om plase te red - VIDEO

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 25 Mar 2021

#Droogtehulp: Groep stap die Boesmanland Camino om plase te red - VIDEO | News Article

‘n Ad hoc taakspan, wat bestaan uit onder andere lede van Agri Noord-Kaap, is op die been gebring om bewusmaking te skep van die geweldige humanitêre en geestelike nood in die Noord-Kaap en omliggende gebiede weens erge droogte.

Sien onderstaande PODCAST

Esté van der Merwe, bemarkingsbestuurder by Caritas Gemeenskapsfokus, deel dat die NG Kerk Noordkaapland, in samewerking met Caritas Gemeenskapsfokus NPC, Agri Noord-Kaap, asook Kerk Sonder Mure, aan die einde van 2019 hierdie ad hoc taakspan saamgestel het. Die sinode in Wes-Kaapland het later hierby betrokke geraak.

“Dit is dan ook hier waar die droogtehulpfonds hulp verleen deur middel van die organisering en verspreiding van humanitêre hulp, wat insluit die voorsiening van huishoudelike onderhoud, brandstof, skool-, koshuis- en universiteitsgelde, asook pastorale versorging.

Van der Merwe verduidelik dat die droogte in die provinsie en omliggende gebiede nog nie gebreek is nie, en dat daar ook ‘n wanpersepsie by die publiek bestaan oor hoe dit werklik op die plase lyk. Teen hierdie agtergrond het hulle besluit om vanaf 8 tot 22 Mei 2021 die Boesmanland Camino, wat oor amper 314 km strek, in slegs 15 dae aan te durf ten bate van die droogtehulpfonds.

“Die doel van hierdie staptog is om die publiek bewus te maak van die geweldige nood van die mense op die plase. Ook omdat die droogte nie skielik net gaan ophou nie, moet ons steeds hierdie mense ondersteun,” sê Van der Merwe.

As deel van inisiatiewe om diegene in nood te help, is ‘n 24-uur noodnommer ook gedurende Desember 2019 deur Caritas Gemeenskapsfokus ingestel waar hulp aangebied word aan mense wat in die knellende greep van die droogte vasgevang is.

Van der Merwe deel verder: “Hierdie noodnommer kan 24-uur van die dag deur boere, hul gesins- en familielede, werkers en dié se gesinslede geskakel word. Hier word praktiese raad deur gekwalifiseerde beraders verskaf, asook emosionele bystand. Mense kan ook verwys word vir humanitêre hulp deur hierdie nommer te skakel.”

Verder is daar hierdie jaar al ongeveer R3.4 milljoen ingesamel om in die behoeftes van die boere, hul plaaswerkers en almal se gesinne te probeer voldoen.

Die 24-uur noodnommer is 083-415-1484 en die bankbesonderhede vir diegene wat fondse wil skenk, is soos volg:

Naam van rekening: NG Kerk in Noordkaapland

ABSA Tjek

Rek no 940580684

Takkode 500902

Verwysing: Droogte + naam van donateur.



Video: Verskaf deur Caritas Gemeenskapsfokus


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.