Agri Hour
Daling in SA wolmark toegeskryf aan versterking van Rand─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 26 Mar 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het weer eens hierdie week ‘n daling getoon.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê hierdie daling kan toegeskryf word aan, onder meer, die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Nog ‘n faktor wat bygedra het tot die daling in die Suid-Afrikaanse wolmark is die sywaartse beweging van die Australiese mark.
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 7,3% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is - dit is vir katalogus CA34.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 14 April 2021.
OFM-nuus
