Agri Hour
Navorsing vind verband tussen kos en kognitiewe skerpheid─── 05:00 Tue, 30 Mar 2021
Die kos wat ons eet mag later in ons lewens ‘n direkte impak op ons kognitiewe skerpheid hê.
OFM-nuus se Elsabé Richard berig hierdie bevinding is volgens ‘n navorsingsprojek deur die Iowa-universiteit.
Sien onderstaande PODCAST
Volgens ‘n artikel deur die Rooivleis Produsente-organisasie, oftewel RPO, is hierdie navorsingsprojek die eerste grootskaalse analise in sy soort wat spesifieke kossoorte met kognitiewe skerpheid verbind.
Die span het die data wat van 1 787 verouderende grootmense - van ouderdomme 46 tot 77 jaar ná afloop van die studie - in die Verenigde Koninkryk ontleed deur UK Biobank, ‘n grootskaalse biomediese databasis en navorsingshulpbron wat in-diepte genetiese- en gesondheidsinligting van ‘n halfmiljoen deelnemers in dié land bevat.
As deel van ‘n vraelys wat as basislyn dien, het deelnemers ‘n Fluid Intelligence Test (FIT) voltooi wat tussen 2006 en 2010 saamgestel is, en twee opvolg-asseserings het van 2012 tot 2013 en weer tussen 2015 en 2016 plaasgevind. Die FIT-analise bied ‘n prentjie van ‘n individu se vermoë om op daardie spesifieke tyd op sy voete te kan dink.
Deelnemers het ook vrae oor hul kos- en alkohol-inname beantwoord tydens ‘n basislyn- en twee opvolg-asseserings. Die vraelys oor voedsel-inname het deelnemers uitgevra oor hul inname van vars vrugte, droëvrugte, rou groente, slaai, gekookte groente, olierige vis, maer vis, verwerkte vleis, pluimveevleis, beesvleis, lamsvleis, varkvleis, kaas, brood, ontbytgraan, tee, koffie, bier, rooiwyn, witwyn en drank.
Die belangrikste bevindings was as volg:
Kaas het die meeste beskerming teen ouderdomsverwante kognitiewe probleme gebied, selfs tot op ‘n hoë ouderdom.
Die daaglikse inname van alkohol, veral rooiwyn, is verbind met verbeteringe in kognitiewe funksie.
Die weeklikse verbruik van lamsvleis, maar nie ander vleis nie, het lang-termyn kognitiewe vaardighede verbeter.
‘n Oormatige inname van sout is sleg, maar slegs diegene wat ‘n risiko loop om Alzheimersiekte op te doen moet hul inname dophou om die ontwikkeling van kognitiewe probleme oor die lang termyn te vermy.
