On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 01 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die plaaslike mieliemark het gister wisselvallig verhandel en swakker oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is, gesluit.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021, R86/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 960/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R86/ton laer verhandel om teen R3 088/ton te sluit.


Sojabone:

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning verloor en swakker gesluit oor alle kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R144/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 217/ton te sluit.


Koring:

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning verloor en het oor  alle kontrakte wat gelys is, swakker geëindig.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R54/ton laer verhandel en gesluit teen R4 915/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.