On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogtehulp: Boere steeds in nood

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 05 Apr 2021

#Droogtehulp: Boere steeds in nood | News Article
FOTO: FACEBOOK/BOERE DROOGTEHULP SA NPC

Hoewel groot dele van die land goeie reënval ontvang het, is daar steeds gedeeltes wat min tot geen reën ontvang het nie.

Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC, sê daar is steeds ‘n groot nood onder boere en daarom het hy hierdie droogtehulp inisiatief sowat drie jaar gelede begin.

Sien onderstaande PODCAST

Boere Droogtehulp SA NPC is op die been gebring nadat Van Beljon ‘n paartje in die Oos-Kaap, wat negatief deur die droogte geraak is, gehelp het met kos sowel as voer vir hulle diere. Die passie om mense in nood te help het só vlam gevat.

Van Beljon sê name van boere wat hulp benodig word op ‘n lys gesit.

Hy verduidelik verder dat geloof vir hom belangrik is en dat hy God by die besluitnemingsproses betrek om te bepaal wie volgende hulp moet kry.

“Ons het op ‘n stadium meer as 5 000 boere op ons lys gehad waarvan meer as 90% van al ons boere wat op die lys is, reeds gehelp is. Wat ek doen, ek het ‘n lys van al die name en voor die tyd dan vra ek die Here vir hulp en hy moet vir my ‘n naam wys wat gehelp moet word. Dan gaan ek deur my lys en ek kyk watter naam staan uit, dan help ons daardie persoon,” sê van Beljon.

Hy deel egter dat daar mense is wat dink dat die droogte verby is en voeg by dat dit nie oral die geval is nie. “Daar is baie gedeeltes wat nog nie reën gekry het nie… Ek is tans tussen Kenhart en Brandvlei en hier is dit baie droog, dan kry jy groot gedeeltes van Kenhart [en Brandvlei] wat mooi reën gehad het,” voeg hy by.

Hy sê hulle het onlangs nog ‘n projek met vee begin waar hulle vee aan boere skenk om hulle kuddes op te bou om weer ‘n bestaan te kan maak.

Vir meer inligting besoek Boere Droogtehulp se Facebook-blad of die webtuiste: www.boeredroogtehulpsa.org. Om direk kontak met Van Biljon te maak, stuur 'n WhatsApp boodskap na 082 961 6620.


 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.