On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogtehulp: Man roei steeds in kajak ten spyte van uitdagings

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 06 Apr 2021

#Droogtehulp: Man roei steeds in kajak ten spyte van uitdagings | News Article
FOTO: FACEBOOK/BOERE DROOGTEHULP SA NPC

Die ‘Kayak for Charity’-span het verskeie uitdagings in die gesig gestaar, maar ten spyte hiervan roei hulle voort vir liefdadigheid.

Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC, sê Edward-John Hill, ook bekend as Bean, het reeds op 1 April begin om via die Oranjerivier met sy kajak vanaf Lesotho tot in Namibië te roei. 

Sien onderstaande PODCAST

Hill gaan 2 200km roei vir sowat 50 dae vir onder meer droogtehulp.

Van Biljon verduidelik dat een van die uitdagings was dat Taro Niehaus, Hill se vriend, nie saam met hom die rit kon aanpak nie weens ‘n handbesering wat hy opgedoen het.

“Bean is een van daai mense wat as hy besluit op ‘n ding dan gaan hy voort met dit. Hy verbaas my elke dag. Hy’s ‘n man met groot wildskrag,” sê Van Beljon.

Ter voorbereiding vir die rit, het Hill en Niehaus ook gebruik gemaak van Google Earth om ‘n idee te kry van wat om te verwag. Van Beljon sê egter Beyers van Staden, wat in die bakkie langs die Oranjerivier ry, ervaar ook uitdagings soos paaie wat op die kaart wys maar nie meer bestaan nie.

Wat geld invordering aanbetref sê Van Beljon kom donasies stadig in en is nie wat hulle aanvanklik verwag het nie wanneer daar gekyk word na wat die uitdaging hulle gekos het. Teen Sondag 4 April is daar net meer as R3 000 ingesamel.

“Ek sal dit baie waardeer as mense betrokke kan raak by nie net die kajak inisiatief nie maar ook die droogtehulp inisiatief. Dit sal baie beteken, nie net vir ons nie maar vir die boere en almal daar buite wat hulp nodig het,” sê Van Beljon.

Vir die bankbesonderhede en meer inligting besoek Boere Droogtehulp se Facebook-blad of die webtuiste: www.boeredroogtehulpsa.org. Om direk kontak met Van Biljon te maak, stuur 'n WhatsApp boodskap na 082 961 6620.

Volg Hill se rit hier: Kayak for Charity



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.