On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 06 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: VRYSTAAT LANDBOU

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.  

Die mark sal in die volgende paar weke grootliks die Amerikaanse aanplantings sowel as die van die 2de Brasiliaanse aanplantings dop hou.

Die plaaslike mieliemark was Vrydag en gister gesluit weens openbare vakansie dae en daar het nie verhandeling plaasgevind nie.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die internasionale mark sal oor die volgende paar weke ook grootliks die Amerikaanse aanplantings dophou en dit sal die rigting van die internasionale sojaboonmark beïnvloed.

Die plaaslike sojaboonmark was Vrydag en gister gesluit weens openbare vakansie dae en daar het nie verhandeling plaasgevind nie.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het die dag hoër afgesluit.

Die weeklikse koring uitvoerverkope in die VSA was aansienlik meer as die vorige week se uitvoerverkope.

Die plaaslike koringmark was Vrydag en gister gesluit weens openbare vakansie dae en daar het nie verhandeling plaasgevind nie.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.