On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 07 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.  

Volgens die eerste weeklikse produksievorderingsverslag is 2% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen aangeplant. Dit is in lyn met die 5 jaar gemiddelde tempo.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van beide wit- en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R33/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 033/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R31/ton laer verhandel om teen R3 163/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

In Brasilië word die sojaboon produksie vir die seisoen teen nuwe rekord vlakke geskat ten spyte van die moeilike produksietoestande wat geheers het hierdie seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R93/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 275/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met die winterkoring wat onder druk gekom het terwyl die lente koring mark ondersteuning gevind het.

Volgens die nuutste weeklikse produksietoestande verslag is 53% van die Amerikaanse winterkoring in ? goeie tot uitstekende toestand. Dit is laer as verlede seisoen se 62% in goeie tot uitstekende toestand teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R35/ton laer verhandel om teen R4 855/ton te sluit.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.