On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 08 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die opbrengsverliese in Brasilië sal na verwagting 3,6% bereik nadat vertragings in die voorafgaande soja-oes die aanplantings vir Brasilië se tweede mielie-oes buite sy optimale plantvenster laat in beweeg.

Aangesien die meerderheid van die oes uitgevoer word, het die opbrengsverliese, wat moontlik deur 'n hektaarverhoging gekompenseer kan word, gister die futures pryse vir mielies verbeter.

Die plaaslike mieliemark het gister hoofsaaklik sywaarts verhandel en sterker oor van die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is gesluit.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 sywaarts (R 0/ton)  verhandel vir die dag om teen R 3 036/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R 10/ton hoër verhandel om teen R 3 174/ton te sluit.


Sojabone:

Sojaboonpryse het oornag steeds hoër gestyg weens kommer oor die krimpende wêreldvoorraad.

Plantvertragings weens swaar reënval wat die volgende paar dae in die die VSA verwag word, het ook bygedra tot soja se sterker oornagverhandeling.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning verloor en swakker gesluit oor alle kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R 45/ton laer verhandel vir die dag om teen R 7 223/ton te sluit.


Koring:

Koringtermynkontrakte het mieliepryse gisteroggend hoër gevolg, met 'n ekstra steun as gevolg van 'n verswakkende dollar.

Dalende wêreldwye koringuitvoerpryse die afgelope maand het daartoe bygedra om die internasionale belangstelling van kopers in koring te verhoog, wat blyk uit 'n tender wat gister deur Egipte uitgereik is.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning verloor en het oor meeste kontrakte wat gelys is swakker geëindig.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R 5/ton laer verhandel en teen R 4 892/ton gesluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.