On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Bloemskou bied sy eerste genetiese veiling aanlyn aan

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 13 Apr 2021

Bloemskou bied sy eerste genetiese veiling aanlyn aan | News Article

Boere betrokke in die beesbedryf word uitgenooi om deel te neem aan Bloemskou se eerste genetiese materiaal veiling wat aanlyn aangebied word.

Hierdie veiling vind vanaf 13 tot 15 April plaas. 

Sien onderstaande PODCAST

Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, deel dat hierdie projek in samewerking met EMSEM en SwiftVee aangebied word. Sy voeg by dat 37 lotte, 700 semen-strooitjies, 11 rasse sowel as 28 stoete op hierdie veiling aangebied sal word.

“Sussex-, Simmentaler-, Santa Gertrudi-, Limousin-, Hereford-, Dexter-, Angus-, Brahman- en Braunvieh-rasse is met van hul top stoettelers se bul-semen op die veiling. Sommige was nog nooit te koop gewees nie, ander is baie skaars, almal waardevol… moet dit nie mis nie!” moedig sy boere aan.

Prinsloo sê die Covid-19 pandemie het, soos in baie ander bedrywe, 'n groot negatiewe uitwerking op sy uitstallers en die betrokkenes van verskeie rasgenootskappe gehad.

Die aanlynprojek is gebore uit die feit dat Bloemskou vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar gekanselleer sou word, maar die fokus is gedraai op die vestiging van projekte met die missie “Bloem Show, let’s rebuild/Bloemskou, kom ons herbou”. Prinsloo sê ondersteuning vir hierdie projek kom van die grootste telers van die bekendste stoetvee rasgenootskappe in die beesbedryf.

Die jaarlikse Bloemskou is huidiglik slegs een van twee skoue in Suid-Afrika wat ‘n kombinasie van die landbou- en kommersiële sektor op ‘n groot skaal aanbied. Prinsloo sê wat landbou betref, het hulle ‘n groot platform vir die stoetveebedryf, waar verskeie rasgenootskappe hulle kampioenskappe aanbied. Wat die kommersiële kant aanbetref, sê sy het Bloemskou sowat 350 uitstallings wat insluit kosstalletjies, ‘n pretpark en optredes deur verskeie kunstenaars.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.