Agri Hour
Daling in wolmark toegeskryf aan versterking van Rand─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 16 Apr 2021
Die versterking van die Rand, asook 'n navolging in die verswakking van die Australiese mark vandeesweek, het gelei tot ‘n daling in die Suid-Afrikaanse wolmark.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê hierdie tendens behoort voort te duur op die kort tot medium termyn, weens 'n steeds relatief pap wêreldekonomie.
Sien onderstaande PODCAST
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 5,0% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is - dit is vir katalogus CA34.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 21 April 2021.
OFM-nuus