Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 16 Apr 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die plaaslike termynmarkte was onder druk gewees. Witmielies het R15/ton laer verhandel vir lewering in Julie vir die dag en het die dag se verhandelinge teen R3 162/ton afgesluit.
Die geelmieliemarkte het vir lewering in Julie ook R13/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 286/ton te sluit.
Sojabone:
Termynmarkte op die plaaslike mark was gister onder druk gewees en het hoofsaaklik laer gesluit.
Kontrakte vir lewering in Mei het R82/ton laer verhandel vir die dag en die dag se verhandelinge afgesluit teen R7 025/ton.
Koring:
Koring het op die plaaslike mark wisselvallig verhandel met sommige kontrakte wat in die groen gesluit het en ander wat die dag in die rooi afgehandel het.
Koring vir lewering in Julie het die dag R27/ton laer gesluit teen R4 853/ton.
OFM-nuus
