Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 21 Apr 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 8% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 8% mielies in die VSA wat reeds aangeplant is, is in lyn met die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R33/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 186/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R30/ton hoër verhandel om teen R3 306/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 3% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 3% sojabone in die VSA wat reeds aangeplant is, is 1% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R150/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 193/ton te sluit.
Koring:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 53% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 53% winterkoring in die VSA wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 4% swakker as die vorige seisoen se produksietoestande teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R51/ton hoër verhandel om teen R4 873/ton te sluit.
OFM-nuus
