Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 22 Apr 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mielie-aanplantings word vertraag deur koue toestande wat oor groot gedeeltes van die land heers.
Die verwagting in die mark is dat die Brasiliaanse mielieproduksie vir die seisoen laer behoort te wees as wat aanvanklik verwag is weens ongunstige weertoestande.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 199/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R17/ton hoër verhandel om teen R3 326/ton te sluit.
Sojabone:
Die sojaboon-aanplantings in die VSA word ook vertraag deur koue toestande wat daar heers.
Die Chinese regering het aangedui dat hul minder sojaboonmeel in rantsoene vir hoenders en varke wil gebruik weens die hoë kommoditeitspryse.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R65/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 246/ton te sluit.
Koring:
Diplomatieke spanning wat in Rusland en die Oekraïne heers kan 'n negatiewe impak op die handelsvloei van koring hê.
Hierdie twee lande is van die grootste rolspelers in die internasionale koringmark en dit bied ondersteuning aan die internasionale koringmarkte.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R105/ton hoër verhandel om teen R4 969/ton te sluit.
OFM-nuus
