Agri Hour
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 23 Apr 2021
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig vandeesweek se hoofstories op OFM uit...
Sien onderstaande PODCAST
Vrystaat Landbou (VL) het 'n waarskuwing uitgestuur teenr brandgevaar en risiko’s nadat die eerste ryp die afgelope paar oggende in die laagliggende dele van veral die Suid-Vrystaat voorgekom het. Volgens die organisasie se streekverteenwoordigers, Johan Fourie, het nagtemperature in laagliggende dele van Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus laag gedaal en het ryp die afgelope nagte voorgekom. Volgens Aldus Kempen Nel, hoop boere in die Jacobsdal-area op nog drie weke sonder ryp sodat aanplanting genoegsame tyd het om droog te word. Verder sê Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, goeie reën het bygedra tot goeie veld- en groeitoestande en veral hoë gras langs die paaie hou egter ’n brandgevaar in.
Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervoming, Mase Manopole, sê haar kantoor neem met kommer kennis van die sprinkaanplaag wat die Namakwa- en ZF Mgcawu-streke teister. Spanne is volgens die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, besig om die plaag onder beheer te kry terwyl motoriste gevra word om versigtig te ry in gebiede waar swerms voorkom. Manopole se kantoor en die Departement van Waterwese en Bosbou werk nou saam om die plaag te beheer. Die departement sê boere moet toegang tot hulle plase vergemaklik sodat pesbeheerbeamptes die swerms kan spuit. Luphahla doen 'n beroep op inwoners om die departement in kennis te stel van die bewegings van die swerms sodat dit beheer kan word. Een persoon is intussen dood nadat hy na bewering weens die sprinkaanplaag beheer oor sy voertuig by Leerkrans buite Groblershoop verloor het. Luphahla sê inwoners se veiligheid is die departement se prioriteit.
EN
Die openbare verhore vir wetgewing, wat sal verduidelik hoe onteiening sal werk en onder watter omstandighede dit gedoen kan word, vind van 22 tot 25 April in Noordwes plaas. Landbou.com het vroeër berig die wysigingswetsontwerp op onteiening sal die huidige Wet op Onteiening vervang. Die wysigingswetsontwerp dui die omstandighede aan waar ’n hof mag bepaal dat nul vergoeding betaal mag word wanneer grond vir openbare doeleiendes onteien word. Verhore in die Vrystaat sal van 13 tot 16 Mei plaasvind, terwyl verhore vanaf 10 tot 13 Junie in die Noord-Kaap sal plaasvind. Intussen moedig AfriForum se Ernst van Zyl die publiek aan om die verhore in die onderskeie provinsies by te woon.
OFM-nuus
