Agri Hour
Versterking in SA wolmark toegeskryf aan versterking in Australiese wolmark─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 23 Apr 2021
Die versterking in die Suid-Afrikaanse wolmark vandeesweek kan toegeskryf word aan die versterking in die Australiese wolmark.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê dit is egter laer as verwag, weens die Rand wat steeds versterk teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 3,4% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is - dit is vir katalogus CA34.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 28 April 2021, waar sowat 9 508 bale aangebied sal word.
OFM-nuus
