On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 27 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

In die internasionale mark is daar tans heelwat bekommernisse rakende die internasionale vraag en aanbod situasie.

Die ongunstige weer, wat die aanplantings in die VSA vertraag, tesame met droër toestande in Brasilië hou die internasionale mieliemark hoog.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R98/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 366/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R98/ton hoër verhandel om teen R3 497/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark vind steeds goeie ondersteuning aangesien die Amerikaanse aanplantings nie optimaal vorder nie.

In Argentinië vind die sojaboon uitvoere stadig plaas as gevolg van bekommernisse oor die moontlike toename in uitvoerbelasting wat beplan word.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R48/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 280/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark verhandel sterker met die goeie vraag na voerkoring wat tans in China heers.

Die sterker vraag in China na voerkoring tesame met die minder gunstige weerstoestande in die VSA hou die internasionale koringpryse redelik hoog.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R32/ton hoër verhandel om teen R5 008/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.