On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Verskeie faktore dra by tot verbetering in SA wolmark

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 30 Apr 2021

Verskeie faktore dra by tot verbetering in SA wolmark | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n verbetering getoon nadat daar ‘n styging in die Australiese wolmark was en die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede verswak het.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê wanneer dit alles in ag geneem word, het die plaaslike wolmark egter beter vertoon as die Australiese mark, wat 'n positiewe vooruitsig vir die nabye toekoms toon.

Hy deel verder dat die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, 2,9% laer is in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is - dit is vir katalogus CA34.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 5 Mei 2021, waar sowat 4 672 bale aangebied sal word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.