On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 30 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 17% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant.

Die 17% mielies in die VSA wat reeds aangeplant is, is laer as die 5-jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R7/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 278/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 onveranderd teen R3 410/ton gesluit.


Sojabone:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 8% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.

Die 8% sojabone in die VSA wat reeds aangeplant is, is 3% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R44/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 161/ton te sluit.


Koring:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 49% van die Amerikaanse winterkoring  in 'n goeie tot uitstekende toestand

Die 49% winterkoring in die VSA wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 5% swakker as die vorige seisoen se produksietoestande teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R10/ton laer verhandel om teen R5 025/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.