On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 03 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Brasiliaanse produksieskatting vir die seisoen is ongeveer 8% laer aangepas vanaf die vorige skatting wat verlede maand gedoen was. Dit is hoofsaaklik weens droë toestande wat in die produksiegebiede heers.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R31/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 307/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R26/ton hoër verhandel om teen R3 438/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag goeie ondersteuning gevind en het ongeveer 2% hoër gesluit vir die dag.

In Argentinië vind die stroopproses teen 'n vinniger tempo plaas as wat aanvanklik verwag was en 33% van die Argentynse sojabone vir die seisoen is reeds gestroop.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R49/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 224/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

In Frankryk word 81% van die seisoen se koringproduksie in 'n goeie tot uitstekende toestand geskat. Dit is swakker as verlede week se skatting.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R9/ton hoër verhandel om teen R5 042/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.