On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 04 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het gister gemeng verhandel met die nabymaand kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl die verder maand kontrakte ondersteuning gevind het vir die dag.

Die Amerikaanse uitvoerinspeksies verslag het aangedui dat die Amerikaanse uitvoer 9.5% hoër was as die vorige week se uitvoer. Dit het ook alle verwagtinge vir die week oortref.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 407/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel om teen R3 538/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse uitvoerinspeksies verslag het aangedui dat die Amerikaanse sojaboon uitvoerverkope vir die week ongeveer 49% laer was as die vorige week se uitvoer. Dit was ook laer as wat die verwagtinge vir die week was.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R179/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 403/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoere van koring was 12% laer as die vorige week se uitvoer en reg in die middel van die algemene handelsverwagtinge vir die week.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R58/ton hoër verhandel om teen R5 100/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.