Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 06 May 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die redelik beperkte Amerikaanse voorraad, tesame met die goeie tempo van uitvoer, hou die Amerikaanse mark sterk.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 522/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel om teen R3 668/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Brasiliaanse produksie vir die seisoen is nog hoër aangepas volgens die nuutste verslae.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R145/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 530/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag.
Die EU se sagtekoring-uitvoer vir die seisoen is steeds aansienlik laer as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoer.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R63/ton hoër verhandel om teen R5 153/ton te sluit.
OFM-nuus
