On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 07 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse mielie uitvoerverskepimgs was 19% hoër as die vorige 4 weke se gemiddeld. China was die grootste ontvanger van Amerikaanse mielies vir die week.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R58/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 598/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R55/ton hoër verhandel om teen R3 723/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboon uitvoerverskepings vir die week was 22% laer as die vorige week se verskepings en 20% laer as die vorige 4 weke se gemiddeld.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R19/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 550/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse koring uitvoerverskepings was 6% hoër as die vorige 4 weke se gemiddeld. China was die grootste ontvanger van Amerikaanse koring vir die week.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R38/ton hoër verhandel om teen R5 190/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.