On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Vooruitsigte toon redelike intense koue in Junie, Julie

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 10 May 2021

Vooruitsigte toon redelike intense koue in Junie, Julie | News Article

Boere moet versigtig wees vir skade wat veroorsaak kan word deur intense koue in Junie en Julie vanjaar.

Sien onderstaande PODCAST

Johan van den Berg, onafhanlike landbouweerkundige, sê koue kan skade aan permanente gewasse veroorsaak, veral aan jong bome, wat neutbome en jong druiwestokke sowel as fynplante insluit.

Verder sê hy dit gaan geleidelik kouer begin word ná die naweek van 8 en 9 Mei, aangesien minimum temperature na onder vyf grade Celsius sal daal.

Van den Berg sê ook dit blyk asof ‘n sneeustelsel oor die Drankensberge vanaf 22 Mei gaan voorkom, “dan behoort temperature heelwat te daal. Maar in hierdie stadium lyk dit of die [erge] koue eers in Junie-maand sal voorkom.”

As daar na reënvooruitsigte in die Noord-Kaap gekyk word, sê Van den Berg egter dat die einde van die reënseisoen reeds aangebreek het, maar dat daar steeds ligte reën kan voorkom.

Hy voeg by dat dit lyk of daar nie ‘n groot kans vir reën in die suidwestelike dele van die Noord-Kaap is nie.

Verder, wat die res van die somerreënvalgebiede betref, bestaan daar ‘n moontlikheid van ligte reënval rondom 22 en 23 Mei. 

Daar word voorspel dat tussen 10 mm en 20 mm reënval sal voorkom.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.