On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 10 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het Vrydag ondersteuning gevind en het 6.7% sterker verhandel vir die week.

Private uitvoerders het Vrydag ongeveer 1.54 miljoen ton se mielie-uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R56/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 635/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R69/ton hoër verhandel om teen R3 796/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting is dat China se sojaboon-produksie vir die seisoen 6.1% laer behoort te wees as die vorige seisoen se produksie.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R117/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 658/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse koringmark het ondersteuning gevind weens die droë toestande in die VSA en die afwaartse aanpassing in Russiese produksieverwagtinge.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R41/ton hoër verhandel om teen R5 230/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.