On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

VS-boere opgewonde oor eerste veiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 11 May 2021

VS-boere opgewonde oor eerste veiling  | News Article
FOTO: VERSKAF

Meer as 200 beeste is op Maandag 10 Mei tydens ‘n veiling in die Kaallaagte-omgewing in die Vrystaat aangebied.

Hannetjie Human, ‘n boer uit die Kaallaagte-omgewing, sê 14 opkomende sowel as gevestigde boere in die omgewing het hande gevat en hulle eerste veiling aangebied.

Sien onderstaande PODCAST

Human deel dat die plaaslike Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling voor die veiling na die diere se gesondheid gekyk het. Dit is om te verseker dat diere wat aangebied word, vry is van enige siektes.

Verder het Vleissentraal, wat aangebied het om die beeste tot by die veilingsgronde te vervoer, ook voor die veiling elke boer besoek om te kyk na die kwaliteit van die diere. Boere het ook raad ontvang oor bosluis-behandeling, “sodat hulle net van die beste diere op die veiling het... Hoe beter die bees lyk, hoe mooier die speenkalf is, hoe gesonder hy is – hoe beter prys kry jy op die dier.”

Die groep boere, wat uit mans en vroue – van jonk tot oud - bestaan en tussen Bethlehem, Arlington, Paul Roux en Lindley boer, het self die beeste bymekaar gemaak, sê Human.

“Hierdie is ‘n wonderlike klomp mense met baie, baie potensiaal. Ek hoop regtig die gemeenskap sien hierdie mense raak. Gaan kuier by hulle op die plase, dis vriendelike mense…” moedig Human die publiek aan.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.