On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 11 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die druk op die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan goeie plantvordering asook winsneming.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 535/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 met R99/ton laer verhandel om teen R3 697/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister byna onveranderd gesluit vir die dag en het nie groot prysbewegings getoon nie.

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies vir die week is 64% meer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R108/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 550/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse koring-uitvoerinspeksies vir die week was hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies en nader aan die bopunt van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R95/ton laer verhandel om teen R5 135/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.