Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 12 May 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 67% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 67% mielies in die VSA wat reeds aangeplant is, is 15% hoër as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 437/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021, R96/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 600/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 42% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 42% sojabone in die VSA wat reeds aangeplant is, is 20% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R96/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 436/ton te sluit.
Koring:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 49% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 49% winterkoring in die VSA wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 4% swakker as die vorige seisoen se produksietoestande teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R22/ton laer verhandel om teen R5 110/ton te sluit.
OFM-nuus
