Agri Hour
Wees versigtig oor jou uitlatings op sosiale media─── 05:00 Thu, 13 May 2021
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se Veediefstalforum in die Vrystaat waarsku die publiek oor uitlatings en plasings op sosiale media.
Die forum se voorsitter, Isabel Kruger, sê plasings op sosiale media kan in hofverhore gebruik word en kan die geloofwaardigheid van die getuie vernietig.
Sien onderstaande PODCAST
Kruger sê mense is geneig om hulle frustrasies op sosiale media platforms, soos Facebook, te deel. Sy waarku egter mense om nie hulle misnoë oor die gesloer van byvoorbeeld veediefstal-hofsake op hierdie platforms uit te spreek nie, aangesien hierdie plasings die tronkdeure vir die gebruiker kan oopsluit.
“Veediefstal is ‘n probleem en het ’n groot negatiewe invloed op die landboubedryf. Frustrasies en woede is ‘n natuurlike uitvloeisel van sake wat sloer of onopgelos gelaat word. Dit laat ook die vraag ontstaan waar alles gaan eindig.
“Vir hierdie rede is die VDF, die Nasionale Vervolgingsgesag asook SAPD se veediefstal-eenhede altyd beskikbaar om van hulp te wees. Die eerste stap wat gevolg moet word, is om met die ondersoekbeampte te skakel betreffende die vordering wat met sake gemaak word. Weet egter dat die deure van die VDF altyd vir u oop staan.”
Sy voeg by dat hierdie plasings in verhore gebruik kan word, en wanneer die inligting nie korrek is nie kan die gebruiker as ‘n ongeloofwaardige getuie verklaar word.
Daarmee saam versoek sy dat gebruikers ook nie foto’s van ‘n misdaadtoneel of verdagtes aanstuur nie - tensy hierdie persone reeds in die hof voorgekom het en die inligting deur die polisie bekendgemaak is. Kruger verduidelik dat dit die polisie se ondersoek kan belemmer en verdagtes dalk kan vlug.
Enige inligting wat op sosiale media geplaas word, word deur die hof as gepubliseerde inligting geklassifiseer en kan vervolg word.
Kruger sê verder in ‘n berig in die RPO-nuusbrief: “Die doel van hierdie berig is om die landbouers te verseker dat die Vrystaat RPO Veediefstalforum aandag gee aan alle navrae. Verklarings wat op skrif geplaas word, moet die volle waarheid wees, en nie persepsies of aannames wat u eie geloofwaardigheid skade kan berokken nie. Vir verdere inligting of navrae is u welkom om ‘n e-pos te stuur na veediefstalrpo@gmail.com.”
Kontakbesonderhede van veediefstalverteenwoordigers in sentraal Suid-Afrika:
Vrystaat Voorsitter, Isabel Kruger: Stepbyfaithm@gmail.com/082 042 3359
Vise-voorsitter, Nico Buys: Nico@cashnet.co.za/083 262 1217
Noord-Kaap Voorsitter, Joe Scholtz: ghaap@vodamail.co.za/082 324 9600
Vise-voorsitter, Frederik van Zyl: Aurora@inext.co.za/083 265 1534
Noordwes Voorsitter, Sarel Pretorius: Agrimarico@gmail.com/082 944 0211
Nasionaal Voorsitter, Willie Clack: WClack@unisa.ac.za/082 574 653
OFM-nuus
