On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

‘Vandag boer ek met die koning van kruisteling’ - sê Brahman-boer

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 17 May 2021

‘Vandag boer ek met die koning van kruisteling’ - sê Brahman-boer | News Article
FOTO: VERSKAF

Hannetjie Human, ‘n Brahman-boer uit die Kaallaagte-omgewing in die Vrystaat, sê haar passie vir landbou het reeds op ‘n jong ouderdom begin.

Human is tans ‘n suksesvolle Brahman-boer en bemark speenkalwers. 

Sien onderstaande PODCAST

Human vertel dat sy op ‘n plaas grootgeword het en het as klein dogtertjie baie oggende saam met die plaaswerkers beeste gemelk en graag perd gery het. Sy het ook haar matriek by ‘n landbouskool in Kroonstad voltooi waar hulle verskeie landbou-aktiwiteite gedoen het soos wolklassering en met melkbeeste geskou het.

Human is toe later ook met ‘n boer getroud wat in die Lindley-omgewing boer en hy het haar ook meer van landbou geleer.

“Maar hoe hierdie ding nou posgevat het – hoe my boerdery regtig begin het – is ons oorlede buurman, oom Willie van Tonder, het my eerste hans [Brahman]-kalf vir my present gegee. Dis ‘n kalfie wat in die veld agtergebly het toe hy met ‘n trop beeste getrek het na ‘n ander kamp,” vertel sy.

Sy voeg by dat die kalf byna dood was aangesien hy vir ‘n paar dae alleen in die veld was. Sy het toe na die kalf omgesien, hom ‘n maagbuis ingesit en hom so gevoed.

Human beskryf dat om na dié kalf om te kon sien, ‘n wonderlike ervaring was en dat die persoonlikheid wat hierdie Brahman-kalfie gehad het, haar geweldig aangetrek het.

Só het haar passie vir die Brahman vlamgevat.

“Almal vra ‘waarom Brahmane?’, maar ek sê vir jou vandag boer ek met die koning van kruisteling – dis die Brahman. Hierdie Brahmane is langslewend. Van my oudste koeie is 18 jaar oud. Hulle beskerm hulle eie kalwers. Hulle kalf maklik. Hulle is gehard. Hulle kry nie baie siektes nie.

“Hulle is ekonomies doeltreffend en dit verlaag my finansiële insette, sodat ek doeltreffend met hierdie diere kan boer op ekstensiewe weiding,” sê sy trots.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.