On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 19 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 80% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant.

Die 80% mielies in die VSA wat reeds aangeplant is, is 12% hoër as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R37/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 233/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021, R50/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 389/ton te sluit.


Sojabone:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 61% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.

Die 61% sojabone in die VSA wat reeds aangeplant is, is 24% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R21/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 500/ton te sluit.


Koring:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 48% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand

Die 48% winterkoring in die VSA, wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 4% swakker as die vorige seisoen se produksietoestande teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R67/ton hoër verhandel om teen R5 253/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.