On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Publiek gevra om sprinkaanswerms aan te meld

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 19 May 2021

Publiek gevra om sprinkaanswerms aan te meld | News Article

Landbou-organisasies in die Vrystaat en Noord-Kaap versoek die publiek om sprinkaanswerms aan te meld.

Wind het swerms gedurende die naweek van die Noord-kaap oor na die Wes-Vrystaat gewaai. 

Sien onderstaande PODCAST

Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê boere in die Hertzogville- en Boshof-omgewing in die Wes-Vrystaat is die afgelope naweek begroet deur 'n donker sprinkaanwolk toe 'n groot swerm van die Noord-Kaap gemigreer het.

Hy het in gesprek getree met die hoof van die plaaslike Landboudepartement, sowel as die bestuurder van Rampbestuur in die Vrystaat, Mafa Moqhaka, waarna daar bevestig is dat plaaslike leiers van die sprinkaanbeheerspan sal help aangesien die bestryding van migrerende plae onder die departement val.


Armour raai boere in ‘n verklaring aan om soos volg op te tree as hulle swerms opmerk:

Boere moet die swerms dophou en hul bure laat weet in watter rigting hulle beweeg;

Laat weet die plaaslike sprinkaanbeampte/spanleier met 'n ligging-pin en foto om hulle op hoogte te hou;

Die ligging-pin moet om 16:00 aan die plaaslike spanleier/sprinkaanbeampte deurgegee word sodat spanne na daardie gebied ontplooi word; en

Omstreeks 18:00 tot 19:30, wanneer die sprinkane vir die nag gaan lê, moet die GPS-koördinaat  van die finale posisie aan die betrokke beampte gestuur word. Hulle sal dan gedurende die nag of vroeg die volgende oggend spuit.


Boere kan die sprinkaanbeheer-spanleiers kontak om hulle in die betrokke gebiede te help:

Hennie Groblelaar - 0734455430 - Luckhoff en nabygeleë gebiede

Joggie Du Plessis - 0829265660 - Vanderkloof-gebied

George de Vos - 0724954133 - Phillipolis en omgewing

Ronnie Cawood - 0824687650 - Ghaap area, Boshof en nabygeleë gebiede

Armour sê 'n aksieplan is ingestel om die verdere verspreiding van die sprinkane, wat die weiding en gewasse vernietig waarheen hulle beweeg, te monitor en te beheer.

Intussen deel Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se omgewingsake-komitee dat hulle nie meer op die oomblik voetgangers spuit nie.

Hy sê dorpe waar daar swerms aangemeld is, sluit in Askham, Kuruman en Warrenton.

Jacobs voeg by dat die sprinkane migreer na warmer gebiede en sê hy skat nog so 24 dae voordat hulle vrek, aangesien hulle na die Vrystaat migreer wat gewoonlik baie kouer is as die Noord-Kaap gedurende die winter.

Indien enige lede van die publiek groot sprinkaanswerms in die Vrystaat sien, kan hulle ook 'n foto en 'n ligging-pin na Armour (071 672 0271) stuur.

Die publiek kan ook hierdie swerms aanmeld deur die volgende nommers te skakel: De Aar-depot - 053 631 3621 of Upington-depot - 082 457 2906.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.