Agri Hour
Versterking in SA wolmark verwag─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 20 May 2021
Die feit dat daar nog net twee wolveilings hierdie wolseisoen oor is, asook die verbetering in die Australiese wolmark, skep die verwagting dat die plaaslike wolmark grootliks sywaarts sal beweeg en selfs effens kan versterk.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê die prestasie van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, sal egter ook 'n beduidende rol speel.
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 7,0% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat al meer internasionale klem gelê word op standaarde en dit is ook hierdie week uitgelig tydens die IWTO kongres, wat steeds aan die gang is.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is. Dit is vir katalogus CA34.
Produsente moet kennis neem dat inweeg vir die nuwe wolseisoen reeds begin het.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 2 Junie 2021, waar sowat 10 053 bale aangebied sal word.
OFM-nuus
