Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 21 May 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het die afgelope tyd onder druk gekom.
Die verwagting is dat goeie uitvoerverkope die mark sal ondersteun.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R60/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 280/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R51/ton hoër verhandel om teen R3 416/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonvoorrade is tans baie laag en dit hou die verwerking in die VSA onder druk.
Die Amerikaanse sojaboon-uitvoer is tans ook laag weens die lae voorrade.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R123/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 260/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het die potensiaal om verder onder druk te kom weens die beter verwagte produksie wêreldwyd.
Die verwagting is dat die Amerikaanse uitvoer vir die week middelmatig behoort te wees.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R58/ton laer verhandel om teen R5 175/ton te sluit.
OFM-nuus
