Agri Hour
TLU SA moedig boere aan om by georganiseerde landbou aan te sluit─── ELSABÉ RICHARD 10:00 Fri, 21 May 2021
Dit is belangrik dat boere deel moet wees van ‘n georganiseerde landbou-organisasie.
Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU Suid-Afrika, moedig boere aan om by ‘n organisasie aan te sluit waar hulle voel hulle beginsels word uitgedra.
Sien onderstaande PODCAST
Van Zyl voeg by dat sy pleidooi is dat elke boer moet aansluit by georganiseerde landbou en nie op die kantlyn moet staan nie. “Dis vir ons regtig belangrik dat boere vandag moet hande vat dat ons as kollektief moet interaksie hê…” sê hy.
Verder deel Van Zyl dat ván die dringende kwessies wat boerderygemeenskappe in die gesig staar, dit die baie gekritiseerde onteiening van grond sonder vergoeding insluit. Hy voeg by dat dit ‘n groot bedreiging vir die toekoms van die land se ekonomie inhou. Van Zyl meen dat die land sterk ekonomiese groei nodig het en dat TLU Suid-Afrika van mening is dat elke beleid wat ter tafel gelê word, getoets moet word aan dié beginsel: "Watse invloed gaan dit hê op die ekonomiese groei?"
Intussen deel hy ook dat die organisasie betrokke is by verskeie projekte soos droogtehulpinisiatiewe en is hy deurlopend besig om uit sy traumafonds boere te help wat onder erge droogte gebuk gaan in die Noord-, Wes- en Oos-Kaap.
Daarmee saam fokus die organisasie ook op jongboere, “dis mos die toekoms van ons land en daaroor is ons baie positief en opgewonde. Ons jongboere is besig met ‘n hele klomp projekte, onder meer, om te kyk hoe kan ons uitreik na daai jongmanne wat oorsee gaan boer en terugkom – dat ons met hulle kan skakel, kennis en kundigheid uitruil… Ons is ook besig om te kyk hoe kan ons uitreik na ons buurlande se jongboere dat ons ook kennis en kundigheid daar kan uitruil…” deel Van Zyl verder.
Besoek die organisasie se webblad vir meer inligting oor projekte en hoe om ‘n lid te word.
OFM-nuus
