Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 25 May 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die weersomstandighede in die Amerikaanse Middeweste lyk tans beter, wat positief is vir die opbrengsverwagtinge vir die seisoen.
Die verwagting is dat die Amerikaanse mielie-aanplantings baie goed gevorder het verlede week.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R84/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 152/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R71/ton laer verhandel om teen R3 297/ton te sluit.
Sojabone:
Die beter weerstoestande is ook positief vir die Amerikaanse sojaboon produksietoestande.
Die Brasiliaanse produksieverwagtinge vir die seisoen is opwaarts aangepas wat die internasionale sojaboonmark onder druk plaas.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R91/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 050/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het skerp onder druk gekom as gevolg van die beter as verwagte produksietoestande in die Midde Weste.
Die verwagting is dat koringproduksie in die VSA se grootste produserende staat nuwe rekordvlakke kan bereik.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R18/ton hoër verhandel om teen R5 209/ton te sluit.
OFM-nuus
