Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 26 May 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 90% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 90% mielies in die VSA wat reeds aangeplant is, is 10% hoër as die vyf-jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R11/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 145/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021, R18/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 280/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 75% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 75% sojabone in die VSA wat reeds aangeplant is, is 21% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R83/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 220/ton te sluit.
Koring:
Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 47% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand
Die 47% winterkoring in die VSA wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 7% swakker as die vorige seisoen se produksietoestande teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R9/ton laer verhandel om teen R5 124/ton te sluit.
OFM-nuus
