On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou-organisasies kritiseer nuwe voorgestelde wapenlisensiewet

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 26 May 2021

Landbou-organisasies kritiseer nuwe voorgestelde wapenlisensiewet | News Article

Die voorgestelde wetswysiging vir vuurwapeneienaars het talle Suid-Afrikaners geskok gelaat.

Dit, nadat die kwesbaarheid van landbougemeenskappe weer eens beklemtoon is deur die vierde kwartaal se misdaadstatistieke. Hierdie wysigings behels onder meer dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging nie deur die wet toegelaat word nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Die voorstelle is op Vrydag 21 Mei in die Staatskoerant gepubliseer. 

Ander voorstelle sluit in om voorsiening te maak vir voorwaardes waaronder 'n vuurwapenlisensie vir af en toe jag of sportskiet uitgereik mag word en om voorsiening te maak vir die beperking op die aantal vuurwapenlisensies wat 'n jagter of sportskuts mag besit.

Agri Noord-Kaap sê in ‘n verklaring dat “Hierdie absurde poging van wapenbeheer in 2015 en 2018 ook 'n verskyning gemaak het en met rasionele argumente en stawende statisieke beveg sal word. Duidelik het die Suid-Afrikaanse wetskrywers voeling verloor met die behoeftes van die publiek, interpreteer hulle die oorsake van misdaad verkeerd en gaan dit veroorsaak dat die misdaadstatistieke nog meer angswekkend word. 

“Minder gelisensieerde handwapens in opgeleide en bevoegd-verklaarde eienaars se hande gaan nie die onwettige gebruik en misdaad verminder nie. Diefstal by die publiek is nie die enigste bron om onwettige wapens te bekom nie. Talle gewapende rooftogte en wapen-gebaseerde geweld word met AK47, R4 en R5 outomatiese masjiengewere gepleeg, wapens wat nog nooit privaat-gelisensieerd was nie.”

Die organisasie se president, Nicol Jansen, voeg by dat die voorstel om die besit van vuurwapens vir selfverdediging te wysig klink amper te goed om waar te wees. Hy meen dat die polisie en wetgewers eerder die publiek as ‘n verlengstuk van die arm van geregtigheid behoort te sien. Dit, omdat landsburgers op hulleself aangewese is as die eerste linie van verdediging in ‘n aanval.

Intussen voeg Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), by dat “selfverdediging is elke mens se reg en kan nie deur die staat aan bande gelê word nie.”

Wilken sê dat veral landelike gemeenskappe reeds kwesbaar is. Hy sê  hierdie gemeenskappe kan dit nie bekostig om van wettige vuurwapens ontneem te word nie. Dit, soos daar weer eens onlangs in statistieke uitgewys is dat daar 'n toename in plaasaanvalle en –moorde was.

Die organisasie sê verder dat dit 'n veldtog van stapel sal stuur met die doel om die voorgestelde wetswysigings op die Vuurwapenbeheerwet teen te staan.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.