Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 31 May 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister weer goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
In Brasilië het hulle die verwagte mielieproduksie vir die seisoen verder afwaarts aangepas weens droë toestande.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 155/ton te sluit.
Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel om teen R3 285/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en laer gesluit vir die dag.
Die langtermyn weervooruitsigte vir Brasilië lyk glad nie goed nie en die verwagting is dat dit later in die seisoen die nuwe seisoen se sojaboonaanplantings negatief kan beïnvloed.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R150/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 196/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel vir die dag.
In Frankryk word 80% van die koring in 'n goeie tot uistekende toestand geskat.
Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R15/ton hoër verhandel om teen R5 092/ton te sluit.
OFM-nuus
