On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Saai stel #SteedsGeenWapen-veldtog bekend

───   05:30 Thu, 03 Jun 2021

Saai stel #SteedsGeenWapen-veldtog bekend | News Article

Die familieboerorganisasie, Saai, stel vandeesweek 'n openbare veldtog, genaamd #SteedsGeenWapen, bekend.

In 'n onderhoud met OFM-nuus, sê Saai se uitvoerende direksievoorsitter, Theo de Jager, dat die veldtog se doel is om druk op die Suid-Afrikaanse Polisiediens te plaas om die langdurige agterstande uit te roei in die aansoeke vir nuwe vuurwapens, amnestie en hernuwings van bestaande vuurwapens. 

Sien onderstaande PODCAST

De Jager sê in 'n verklaring, die ANC se inisiatief om die besit van 'n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes onwettig te verklaar, het 'n oproer in die landbougemeenskap veroorsaak. 

Met 'n gemiddeld van een plaasaanval elke twee dae en een plaasmoord elke vyf dae oor die afgelope 25 jaar, bevind Suid-Afrikaanse boere hulself in onveilige omstandighede wat in elke sin voldoen aan die definisie van 'n lae-intensiteit burgeroorlog, sê De Jager. 

Boere is veral bekommerd dat hulle vuurwapens nie aan hulle teruggegee sal word by landelike polisiestasies nie, in stelsels met geen kapasiteit, geen kundigheid, geen planne en waar baie min motivering bestaan, sê De Jager.

Die Parlementêre Portefeuljekomitee het onlangs die toestand van die polisie se sentrale vuurwapenregister bespreek, wat sommiges beweer in totale verval is. Selfs in hierdie omstandighede wil die polisie selfverdediging as motivering vir vuurwapeneienaarskap verwyder, beklemtoon De Jager. 

De Jager voeg verder by dat Saai saam met ander organisasies sal werk, wat ook veldtogte voer om wetsgehoorsame burgers se regte te handhaaf om hul lewens, gesinne en huise te verdedig terwyl misdaadstatistieke hoog is.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.