On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 04 Jun 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

Die 2021 NAMPO Oesdag, wat vir 17 tot 20 Augustus herskeduleer was, is gekanselleer. Graan SA het dit Woensdag 2 Junie in 'n verklaring bekend gemaak. Die organisasie sê na die aanvanklike uitstel vroeër vanjaar, sou die regeringsbeleid en -riglyne dit toelaat, het die koms van die 3de COVID-19-golf en die wysigings aan die inperkingsvlakke onder die nasionale ramptoestand, die organisasie met geen alternatief gelos nie. Graan SA sê met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem, is die visier nou op 2022 gestel.

The Agriculture and Rural Development Department in the North West has been allocated more than R1.1 billion for the 2021/22 financial year. The department is mandated to assist with food security and drought relief, amongst other necessities in the province, and says it is committed to ensure that it meets its targets this fiscal year. This includes improving its farmer support and development, as well as capacitating the department and filling key vacancies. Tabling the department’s annual budget before the Provincial Legislature, MEC Desbo Mohono announced that the bulk of the budget for this year will go towards supporting farmers and ensuring that their needs are met while an amount of R338 million will go towards administration. She added that the increase in cases during the Covid-19 pandemic has called on the department to do more.

Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel RPO, in die Noord-Kaap het Woensdag sy jaarkongres gehou. Dirk Kurpool, bedryfsbestuurder van die organisasie, sê die kongres het hoofsaaklik gefokus op die belangrikheid van naspeurbaarheid in die rooivleisbedryf. Hy voeg by dat die RPO hande met die departement van landbou sal vat om te verseker dat daar 'n naspeurbaarheidstelsel in die land gevestig word. Hy meen dat siektes soos bek-en-klouseer, wat onlangs in KwaZulu-Natal bevestig is, deur middel van naspeurbaarheid hok geslaan kan word.

Farmers in the North West’s Dr Kenneth Kaunda District have been negatively affected by the African Swine Fever (ASF) as well as the Avian Influenza. According to the Department of Agriculture and Rural Development, farmers’ revenue in this district has been severely affected by the diseases that broke out recently as the trade of products from the area to neighbouring countries was suspended. Tabling the department’s over R1,1 billion budget, MEC Desbo Mohono has announced that following the outbreak, biosecurity measures have been increased, more Compulsory Community Service Veterinarians have also been deployed to the most rural parts of the province in efforts to address some of the challenges experienced. Mohono outlined that R134 million is specifically set aside for veterinary services for the 2021/22 financial year.

EN

‘n Ondersoekspan van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is vroeër vandeesweek na Mtubatuba in die suide van KwaZulu-Natal gestuur om die omvang van ‘n bek-en-klouseer uitbreking in die gebied te bepaal. Die SABC berig die woordvoerder van die departement, Reggie Ngcobo, vra dat boere die vervoer van hoefdiere in en uit plaaslike- en distriksmunisipaliteite in dié provinsie beperk as voorsorgmaatreël teen die verspreiding van die siekte. Boere in die noordelike dele van KwaZulu-Natal word ook gevra om nie nuwe diere in hul kuddes of wild in te neem nie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.