Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 09 Jun 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 72% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 72% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is laer as die vorige week se 76% en die vorige jaar se 75% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R15/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 330/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R3/ton hoër verhandel om teen R3 480/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 67% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 67% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is laer as die vorige jaar se 72% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 380/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 50% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 50% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is beter as die vorige week se 48%, maar swakker as die vorige jaar se 51% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021,R65/ton laer verhandel om teen R5 050/ton te sluit.
OFM-nuus
