Agri Hour
SA wolmark toon verbetering tydens laaste wolveiling vir 2020/21-seisoen─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 10 Jun 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek tydens die laaste wolveiling vir die 2020/21-wolseisoen ‘n verbetering getoon.
Dit, ten spyte van die Rand wat versterk het teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê 'n bydraende faktor tot die verbetering is ook die positiewe tendens wat die Australiese wolmark toon. Die grootlikse sywaartse beweging en effense verbetering behoort voort te duur met die aanvang van die nuwe seisoen, aangesien die wêreldekonomie wel besig is om te herstel. Hy sê die prestasie van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede sal egter ook 'n beduidende rol speel.
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, 1,2% hoër is in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.
Die huidige wolseisoen het nou tot 'n einde gekom en die 2021/22-seisoen, skop op 11 Augustus 2021 af.
OFM-nuus
