On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   10:16 Fri, 18 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
PHOTO: Cropwatch

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die Amerikaanse mieliemark is onder druk as gevolg van reën wat in die oostelike gedeeltes van Iowa voorkom.

Die Amerikaanse mielie-uitvoer is steeds sterk alhoewel dit al afgeneem het vanaf vroeër die jaar se uitvoervlakke.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R60/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 109/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R53/ton laer verhandel om teen R3 252/ton te sluit.


Sojabone

Die Amerikaanse sojaboonpryse is ook onder druk as gevolg van die reën wat oor groot gedeeltes van die VSA se produksiegebiede voorkom.

Die Amerikaanse sojaboonmark is volatiel aangesien daar baie onsekerhede is rakende die produksietoestande ten spyte van die reën wat nou daar voorkom. Oor die algemeen is die grondvog toestande laag.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R94/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 010/ton te sluit.


Koring

Die Amerikaanse dollar het weer versterking getoon wat die Amerikaanse koringmark onder druk geplaas het.

Die wêreld koringmark is ook laer as gevolg van die verwagte goeie produksie in Rusland en die Oekraïne en gevolglike hoër uitvoer vanaf hierdie streke.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R29/ton sterker verhandel om die dag teen R4 968/ton af te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.