On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 21 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag. 

Suid-Korea het Vrydag ongeveer 137 000 ton se mielies aangekoop op 'n internasionale tender wat waarskynlik vanaf Suid-Amerika verkry sal word. 

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R41/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 076/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R44/ton laer verhandel om teen R3 214/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag. 

China het ongeveer 480 000 ton Amerikaanse sojabone aangekoop vir invoer wat hoofsaaklik vanaf Oktober verskeep sal word. 

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R150/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 868/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind. Dit kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander markte. 

Ook die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R14/ton sterker verhandel om die dag teen R4 980/ton af te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.